FILIPPENSE 2:3-5
FILIPPENSE 2:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle iets doen, dan moet julle dit nie doen omdat julle selfsugtig is of omdat julle dink julle is baie belangrik nie. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet dink ander gelowiges is belangriker as julleself. Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink. Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het
FILIPPENSE 2:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
FILIPPENSE 2:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was
FILIPPENSE 2:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself; deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander. Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees
FILIPPENSE 2:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat niks uit twis of ydelheid geskied nie; maar laat elkeen in nederigheid die ander beter ag as homself. Moenie elkeen na sy eie dinge kyk nie, maar elkeen ook na die dinge van ander. Laat hierdie gesindheid in julle wees wat ook in Christus Jesus was
FILIPPENSE 2:3-5 Die Boodskap (DB)
Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees. Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink. Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel. Laat ek verduidelik wat ek bedoel.
FILIPPENSE 2:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees