NUMERI 12:8
NUMERI 12:8 Bybel vir almal (ABA)
Ek kom na hom toe en Ek praat met hom, Ek sê vir hom reguit wat Ek wil sê. Hy kan My sien wanneer Ek na hom toe kom. Hoekom praat julle so teen my dienaar Moses? Julle mag nie so met hom praat nie.”
NUMERI 12:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Met hom sal Ek mond tot mond spreek, selfs skynbaar, en nie in donker woorde nie; en die gelykenis van die HERE sal hy aanskou. Waarom was julle dan nie bevrees om teen my kneg Moses te spreek nie?
NUMERI 12:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek praat direk met hom, van aangesig tot aangesig. Ek praat nie met hom op ’n raaiselagtige manier nie. Hy weet hoe die HERE lyk. Moet julle dan nie baie versigtig oor my dienaar Moses praat nie?”
NUMERI 12:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
NUMERI 12:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met hóm praat Ek direk en persoonlik, nie in raaisels nie. Hy sien selfs die gestalte van die Here. Waarom was julle dan nie bang om só met my dienaar Moses te praat nie?”