Numeri 12

12
Mirjam en Aäron is opstandig teen Moses
1Moses het getrou met 'n vrou wat van die land Kus gekom het. Mirjam en Aäron was ontevrede en het daaroor met Moses gepraat. 2Hulle het gesê: “Die Here het nie net met Moses gepraat nie, Hy het ook met ons gepraat.”
Die Here het gehoor wat hulle sê. 3Moses was 'n baie nederige man, meer nederig as al die ander mense op die aarde. 4Maar die Here het toe dadelik vir Moses en Aäron en Mirjam gesê: “Julle drie moet na die tent gaan waar Ek aan die Israeliete verskyn.”
Hulle het dit gedoen, 5en die Here het afgekom in 'n wolk-pilaar en Hy het by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam, en hulle het vorentoe gekom. 6Die Here sê toe: “Luister goed na wat Ek sê. Wanneer Ek, die Here, vir julle 'n profeet stuur, dan sal Ek vir hom wys wie Ek is, Ek sal met hom praat terwyl hy droom. 7Maar my dienaar Moses is nie so 'n profeet nie, hy is die persoon wat Ek gekies en aangestel het oor almal wat aan My behoort. 8Ek kom na hom toe en Ek praat met hom, Ek sê vir hom reguit wat Ek wil sê. Hy kan My sien wanneer Ek na hom toe kom. Hoekom praat julle so teen my dienaar Moses? Julle mag nie so met hom praat nie.”
9Die Here was kwaad vir Aäron en Mirjam en Hy het weggegaan. 10Maar toe die wolk weggaan van die tent, was Mirjam melaats, haar vel was wit soos sneeu. Toe Aäron na haar toe draai, het hy gesien dat sy melaats is. 11Aäron het vir Moses gesê: “Asseblief, Meneer, jy moenie vir ons straf oor die sonde wat ons gedoen het nie, ons was dwaas. 12Asseblief, moenie dat Mirjam word soos 'n kind wat doodgebore is nie, soos 'n kind wat net 'n halwe liggaam het nie.”
13Moses bid toe tot die Here, en hy vra: “O God, maak haar asseblief gesond.”
14Die Here het vir Moses gesê: “As haar pa in haar gesig gespoeg het, dan sou sy sewe dae lank daaraan moes dink dat hy haar verneder het. Sy moet sewe dae lank buite die kamp bly, dan kan sy terugkom.”
15Hulle het toe vir Mirjam sewe dae lank buite die kamp laat bly. Die volk het nie daar weggegaan voordat sy teruggekom het nie. 16Daarna het die volk weggegaan van die stad Gaserot en hulle het hulle tente opgeslaan in die Paran-woestyn.

Tans Gekies:

Numeri 12: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid