MARKUS 4:39
MARKUS 4:39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Wees stil, bedaar!” Die wind het gaan lê, en daar het 'n groot kalmte gekom.
MARKUS 4:39 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het opgestaan en Hy het kwaai met die wind gepraat. Hy het vir die see gesê: “Bly stil! Word kalm!” Die wind het opgehou waai en die see het stil en kalm geword.
MARKUS 4:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.
MARKUS 4:39 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.
MARKUS 4:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Vrede, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.