MARKUS 4:38
MARKUS 4:38 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het agter in die boot op 'n kussing gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en hulle vra vir Hom: “Meneer, is U nie bekommerd oor ons nie? Ons sal verdrink!”
Deel
Lees MARKUS 4MARKUS 4:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?
Deel
Lees MARKUS 4MARKUS 4:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”
Deel
Lees MARKUS 4