MARKUS 4:30-32
MARKUS 4:30-32 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gesê: “Hoe kan Ek vir julle verduidelik hoe dit is wanneer God Koning is? Watter gelykenis kan Ek gebruik? Dit is soos 'n mosterd-saad. Iemand plant dit, en dit is die kleinste saadjie op die aarde. Maar wanneer hy dit geplant het en die plant klaar gegroei het, dan is dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit kry groot takke en die voëls maak neste in sy skaduwee.”
MARKUS 4:30-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel? Dit is soos 'n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is; en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.
MARKUS 4:30-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? Dit is soos 'n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.”
MARKUS 4:30-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy het gesê: “Hoe sou mens die •koninkryk van God uitbeeld, of deur watter gelykenis sou mens dit voorstel? Dit is soos die mosterdsaadjie wat, wanneer dit in die grond gesaai word, kleiner is as al die soorte saad op die land. Maar wanneer dit gesaai is, kom dit op en word dit die grootste van al die tuinplante, en maak sulke groot takke dat die voëls van die hemel in sy skaduwee kan nesmaak. ”
MARKUS 4:30-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Waarmee sal ons die koninkryk van God vergelyk? of met watter vergelyking sal ons dit vergelyk? Dit is soos 'n mosterdsaad wat, wanneer dit in die aarde gesaai word, minder is as al die saad wat op die aarde is; Maar wanneer dit gesaai word, groei dit op en word dit groter as al die kruie, en dit skiet groot takke uit; sodat die voëls van die hemel in die skadu daarvan kan bly.
MARKUS 4:30-32 Die Boodskap (DB)
“Waarmee kan Ek God se nuwe wêreld nog vergelyk of met watter voorbeelde kan Ek dit nog verder vir julle verduidelik?” het Jesus gevra. “Dit is soos ’n mosterdsaadjie. Dit is seker die kleinste saadjie wat ’n mens kan saai. Tog, as ’n mens dit plant, word dit die grootste van al die plante in die tuin. Die takke is so groot dat die voëls dit tussen ander uitsoek om daar nes te maak.”
MARKUS 4:30-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Waarmee kan Ek die koningsheerskappy van God vergelyk?” het Jesus gevra. “En met watter gelykenis sal ons dit toelig? “Dis soos ’n mosterdsaadjie wat wel die kleinste van alle sade is, maar nadat dit geplant is, skiet dit op en word groter as al die plante in die tuin. Dit maak takke wat so groot word dat die voëls veilig daarin kan kom nes maak.”