MARKUS 10:30
MARKUS 10:30 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal nou, in hierdie tyd, 100 maal meer kry as wat hy gehad het. Hy sal meer huise en broers en susters en ma's en kinders en grond kry. Die ander mense sal baie slegte dinge doen aan hom. Maar daar sal 'n nuwe tyd kom, en dan sal hy die ewige lewe kry.
MARKUS 10:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
MARKUS 10:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.
MARKUS 10:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en nie nou in hierdie tyd honderd maal soveel sal ontvang nie: huise, broers en susters, ma's en kinders, en grond – en vervolgings daarmee saam – en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.
MARKUS 10:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy sal nou in hierdie tyd honderdvoudig ontvang, huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, met vervolging; en in die toekomstige wêreld die ewige lewe.
MARKUS 10:30 Die Boodskap (DB)
As Christen kry hy nou by al sy mede-Christene huise en broers en susters en ma’s en kinders en grond. Maar Christenskap is nie net lekker nie. ’n Mens sal soms ook swaarkry omdat jy ’n Christen is. Maar wanneer God weer kom, sal so ’n persoon die ewige lewe ook kry.