MATTEUS 4:4
MATTEUS 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus antwoord hom: “In die Ou Testament is geskryf: “ 'n Mens lewe nie net van brood nie. As jy waarlik wil lewe, dan moet jy luister na elke woord wat God sê.”
MATTEUS 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
MATTEUS 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ”
MATTEUS 4:4 Die Boodskap (DB)
Jesus het egter dadelik ’n antwoord vir Satan gereed gehad: “Daar staan in die Bybel geskryf: ‘’n Mens leef nie net van brood nie. Nee, ’n mens leef van alles wat God sê.’”