MATTEUS 1:18
MATTEUS 1:18 Bybel vir almal (ABA)
Dit is wat gebeur het voordat Jesus Christus gebore is: Sy ma, Maria, was verloof aan Josef. Hulle was nog nie getroud nie en hulle het nog nie saam geslaap nie, maar Maria het swanger geword. Dit is die Heilige Gees wat dit laat gebeur het.
MATTEUS 1:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
MATTEUS 1:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom.
MATTEUS 1:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die geboorte van Jesus Christus het só gebeur. Toe Maria, sy moeder, reeds aan Josef verloof was, maar nog voordat hulle gemeenskap gehad het, het dit geblyk dat sy swanger geraak het uit die Heilige Gees.
MATTEUS 1:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die geboorte van Jesus Christus was so: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle bymekaar gekom het, is sy swanger gevind van die Heilige Gees.