LUKAS 13:20-21
LUKAS 13:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Toe praat Jesus weer. Hy het gesê: “Ek sal probeer om dit vir julle ook só te verduidelik: Wanneer God Koning is, dan is dit soos 'n vrou wat 'n klein stukkie suurdeeg neem en dit meng met drie sea meel. Die meel word dan deeg, en die suurdeeg laat al die deeg rys en groter word.”
LUKAS 13:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
LUKAS 13:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder het Hy gesê: “Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”
LUKAS 13:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy vra toe weer: “Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in drie saton koringmeel ingewerk het totdat dit heeltemal deurgesuur is.”
LUKAS 13:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En weer sê hy: Waarmee sal ek die koninkryk van God vergelyk? Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in drie mate meel weggesteek het totdat dit alles ingesuur is.