JUDAS 1:1
JUDAS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Judas, skryf hierdie brief vir julle. Ek is 'n dienaar van Jesus Christus en ek is 'n broer van Jakobus. God het julle gekies om aan Hom te behoort. Julle weet dat God die Vader lief is vir julle en dat Jesus Christus julle goed oppas.
JUDAS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JUDAS, 'n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is
JUDAS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Judas, 'n dienaar van Jesus Christus en 'n broer van Jakobus. Aan dié vir wie God die Vader geroep het, wat Hy liefhet en deur Jesus Christus bewaar.
JUDAS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Judas, dienskneg van Jesus •Christus, en broer van Jakobus, aan die geroepenes, diegene wat hulle in die liefde van God die Vader bevind, en vir Jesus Christus bewaar is
JUDAS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Judas, die dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat deur God die Vader geheilig en bewaar is in Jesus Christus, en geroep is