JOSUA 3:7
JOSUA 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die Here vir Josua: “Ek begin vandag om vir jou hoë aansien in die oë van die hele Israel te gee sodat hulle kan weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was.
JOSUA 3:7 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Josua gesê: “Ek sal vandag begin om vir al die Israeliete te wys dat jy 'n belangrike man is. Hulle moet weet dat Ek by jou sal wees, soos Ek by Moses was.
JOSUA 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.
JOSUA 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Josua gesê: “Vandag begin Ek om aan jou aansien te gee in die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat, soos Ek by Moses was, Ek by jou is.
JOSUA 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat, soos Ek met Moses was, so Ek met jou sal wees.