JOHANNES 6:64
JOHANNES 6:64 Bybel vir almal (ABA)
Maar party van julle glo nie in My nie.” Jesus het van die begin af geweet wie nie in Hom sal glo nie. Hy het ook van die begin af geweet wie Hom sal verraai.
JOHANNES 6:64 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.
JOHANNES 6:64 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai.
JOHANNES 6:64 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie Hom sou verraai.
JOHANNES 6:64 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie geglo het nie, en wie Hom sou verraai.