JEREMIA 31:34
JEREMIA 31:34 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal nie meer vir mekaar leer of sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie. Hulle almal sal My ken, onbelangrike en belangrike mense, want Ek sal hulle sondes vergewe, die dinge wat hulle verkeerd gedoen het, Ek sal nie meer dink aan hulle sondes nie.”
JEREMIA 31:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
JEREMIA 31:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.
JEREMIA 31:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal nie meer elkeen sy medemens of sy broer leer en sê, ‘Ken die Here!’ nie, want hulle almal sal My ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle,” is die uitspraak van die HERE. “Want Ek sal hulle sondeskuld vergewe en aan hulle sonde sal Ek nie weer dink nie.”
JEREMIA 31:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die HERE nie, want hulle sal My almal ken, klein tot groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle vergewe ongeregtigheid, en aan hulle sonde sal Ek nie meer dink nie.
JEREMIA 31:34 Die Boodskap (DB)
Dit sal nie vir hulle nodig wees om hulle bure of familie te leer en vir hulle te sê: ‘Lewe naby aan die Here dat julle Hom kan ken’ nie. Almal, klein en groot, sal reeds hierdie naby kennis van My hê,” sê die Here. “Hulle sal weet hoe Ek wil hê hulle moet lewe. En Ek sal al die slegte goed vergewe wat hulle gedoen het. Ek sal nooit eens weer dink aan die verkeerde goed wat hulle gedoen het nie.”
JEREMIA 31:34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die HERE, leef soos die HERE van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die HERE. “Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”