JEREMIA 28:9
JEREMIA 28:9 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer 'n profeet 'n boodskap bring en hy sê daar sal vrede kom, dan moes die vrede eers kom en daarna het die mense geweet die Here het die profeet regtig gestuur.”
JEREMIA 28:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die profeet wat profeteer van vrede — as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die HERE waarlik gestuur het.
JEREMIA 28:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die profeet wat voorspoed aankondig, is net aanvaar as profeet wat werklik deur die Here gestuur is, wanneer so 'n profeet se woord uitkom.”
JEREMIA 28:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die profeet wat vrede profeteer, sal, as die woord van die profeet uitkom, bekend wees as 'n profeet wat werklik deur die HERE gestuur is.”
JEREMIA 28:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die profeet wat van vrede profeteer, as die woord van die profeet uitkom, dan sal die profeet bekend word dat die HERE hom waarlik gestuur het.