JEREMIA 28:6
JEREMIA 28:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die profeet Jeremia het gesê: “Ek sou dit ook graag so wou hê. Mag die Here dit doen. Mag die Here bevestig wat jy as profeet gesê het en die voorwerpe uit die huis van die Here en al die ballinge na hierdie plek toe terugbring uit Babel.
JEREMIA 28:6 Bybel vir almal (ABA)
Die profeet Jeremia het gesê: “Ek wens jy was reg. Ek wens die Here doen wat jy gesê het. Ek wens die boodskap wat jy gebring het, was waar, sodat die tempel-gereedskap kan terugkom na hierdie plek en ook die mense wat na Babel moes gaan.
JEREMIA 28:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die profeet Jeremia het gesê: Amen, laat die HERE so doen! Laat die HERE vervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van die HERE en al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!
JEREMIA 28:6 Die Boodskap (DB)
Hy het gesê: “Goed so! Ek hoop dit gebeur net soos jy gesê het. Ek hoop die Here doen alles wat jy sê. Ek hoop ook dat Hy al die kosbare goed wat uit die tempel weg is, uit Babel sal terugbring hier na Jerusalem toe. Ja, ook al die mense wat gevang en ontvoer is.
JEREMIA 28:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het gesê: “Laat dit so wees! Mag die HERE dit so laat gebeur! Mag die HERE doen wat jy geprofeteer het. Ek hoop ook dat Hy die kosbare voorwerpe wat uit die tempel weggedra is en al ons geliefdes uit Babel na hierdie plek toe sal terugbring.