JAKOBUS 4:14-15
JAKOBUS 4:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Julle is mense wat nie weet wat môre in julle lewe sal gebeur nie, want julle is soos 'n miswolk, 'n mens sien dit net 'n kort tydjie, en dan verdwyn dit. Nee, julle moet sê: “As die Here wil hê dat dit moet gebeur, dan sal ons lewe en dan sal ons hierdie dinge doen.”
JAKOBUS 4:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
JAKOBUS 4:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”
JAKOBUS 4:14-15 Die Boodskap (DB)
Sê my, weet jy presies wat môre gaan gebeur? Kan jy dit regtig sê? Dink maar aan die lewe. Dit is so onseker en kortstondig. Dit is soos weerlig wat slaan. Die een oomblik is dit helder daar, maar die volgende oomblik is dit weg. Erken liewer dat die Here julle hele lewe beheer. Sê liewer: “As ons môre nog leef, sal ons dit of dat doen. Maar dit hang eintlik alles maar van die Here af.”