JESAJA 62:2,4
JESAJA 62:2 Bybel vir almal (ABA)
Die volke en hulle konings sal sien jy is soos Ek wil hê jy moet wees en jy is 'n sterk stad. Hulle sal vir jou 'n nuwe naam gee, die Here het self daardie naam gekies.”
Jesaja 62:4 Bybel vir almal (ABA)
Mense het jou en jou land genoem “Die stad waar nie meer mense woon nie,” en “Die land wat verwoes is.” Hulle sal jou nou nie meer so noem nie. Hulle sal jou nou noem “Die stad waarvan die Here hou,” en hulle sal jou land noem “Die land wat aan die Here behoort.” Want die Here hou van jou, en jou land behoort aan Hom.
JESAJA 62:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem.
JESAJA 62:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het 'n behae in jou, en jou land sal getroud wees.
JESAJA 62:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die nasies sal sien dat jy gered is, Jerusalem, al die konings sal sien dat jy mag het. Jy sal 'n nuwe naam kry, 'n naam wat die Here self vir jou gekies het.
JESAJA 62:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy sal nie meer die verstote vrou genoem word nie, en jou land nie meer die een wat verlate lê nie. Jy sal genoem word: “Die een vir wie die Here liefhet,” en jou land: “Die een wat aan die Here behoort.” Die Here het jou lief, en jou land behoort aan Hom.
JESAJA 62:2 Die Boodskap (DB)
Die volke sal sien hoe jy gered word. Die konings sal staan en kyk hoe Jerusalem vrykom. Die Here sal vir jou ’n nuwe naam gee wat Hy self gekies het.
Jesaja 62:4 Die Boodskap (DB)
Daar sal nie meer van jou gepraat word as die vrou wat geskei het nie. Jou land sal nie langer ’n verlate stuk grond wees nie. Jy sal die Here se liefling genoem word. Jou land sal aan die Here verbind wees. Die Here het jou lief. Hy sorg vir jou land soos ’n man vir sy vrou sorg.