JESAJA 42:9-10
JESAJA 42:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af — julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan.
JESAJA 42:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Alles het gebeur wat Ek voorheen gesê het, en nou sê Ek wat later nog sal gebeur. Ek sê dit vir julle voordat dit begin gebeur.” Hulle moet 'n nuwe lied sing vir die Here, almal in die wêreld moet Hom prys, die mense op die see en alles in die see, en die mense wat ver van hier langs die see woon.
JESAJA 42:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind. Ek kondig nuwe dinge aan. Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor. Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde, almal wat op die see vaar, alles wat in die see is, al die eilande en dié wat daarop woon.
JESAJA 42:9-10 Die Boodskap (DB)
Wat Ek voor die tyd al vir julle gesê het, gaan net so gebeur soos Ek gesê het. Ek laat julle hoor van dinge wat nog moet kom, selfs al voor dit begin het om te gebeur. Julle moet vir die Here ’n nuwe lied sing. Oor die hele aarde moet Hy grootgemaak word. Almal wat op die see vaar en alles wat in die see is, moet saam sing. Die lande oorkant die see en almal wat daar woon, moet God verheerlik.
JESAJA 42:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Alles wat Ek gesê het, het net so gebeur. En nou vertel Ek jou van nuwe dinge wat gaan gebeur. Voordat dit gebeur, vertel Ek dit reeds aan julle.” HERE Sing vir die HERE ’n nuwe lied. Besing sy lof tot aan die uithoeke van die aarde! Sing, almal wat vaar op die see, en alles in die see, al die eilande en dié wat daarop woon.