HOSEA 2:6
HOSEA 2:6 Bybel vir almal (ABA)
Sy sal probeer om by haar afgode te kom, maar sy sal dit nie regkry nie. Sy sal hulle soek, maar sy sal hulle nie kry nie. Dan sal sy sê: ‘Ek wil teruggaan na my God, want toe ek Hom gedien het, was dit beter as nou.’
HOSEA 2:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy sal haar minnaars agternaloop, maar hulle nie inhaal nie; en sy sal hulle soek, maar nie vind nie. Dan sal sy sê: Ek wil heengaan en terugkeer na my vorige man, want toe het ek dit beter gehad as nou.
HOSEA 2:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
en as sy dan haar minnaars probeer opsoek en hulle nie raakloop nie, hulle soek en nie kry nie, sal sy dalk sê: “Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg as nou.”