GENESIS 16:5
GENESIS 16:5 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Sarai vir Abram: “Dit is nie reg nie en dit is jou skuld. Ek het my slavin vir jou gegee, maar toe sy swanger word, het sy begin dink sy is beter as ek. Die Here moet sê wie is reg en wie is verkeerd, ek of jy.”
GENESIS 16:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.
GENESIS 16:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Sarai vir Abram: “Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hê, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys.”
GENESIS 16:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sarai sê toe vir Abram: “Die onreg wat ek moet verduur, rus op jou. Ek self het my slavin in jou skoot gegee, maar toe sy sien dat sy swanger is, het ek minderwaardig geword in haar oë. Mag die HERE oordeel tussen my en jou.”
GENESIS 16:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Sarai vir Abram: My onreg is op jou: ek het my slavin in jou boesem gegee; en toe sy sien dat sy swanger was, was ek in haar oë verag; die HERE oordeel tussen my en jou.