GENESIS 16:10
GENESIS 16:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
GENESIS 16:10 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal jou nageslag baie groot maak. Hulle sal so baie wees dat niemand hulle sal kan tel nie.”
GENESIS 16:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder het die Engel van die Here vir haar gesê: “Ek sal jou nageslag so baie maak dat hulle te veel sal wees om te tel.”
GENESIS 16:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Engel van die HERE het vir haar gesê: “Ek sal jou nageslag besonder baie maak, sodat hulle vanweë hulle getalle nie getel kan word nie.”
GENESIS 16:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag uitermate vermeerder, sodat dit nie getel sal word in menigte nie.