PREDIKER 2:24-25
PREDIKER 2:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Die beste wat 'n mens kan doen, is dat hy kan eet en drink en dinge kan geniet waarvoor hy hard gewerk het. Ek het gesien dat dit iets is wat God vir 'n mens gee. Niemand kan eet en geniet as God dit nie laat gebeur nie.
PREDIKER 2:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is nie 'n goed wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God. Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?
PREDIKER 2:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?