PREDIKER 11:9
PREDIKER 11:9 Bybel vir almal (ABA)
Jongmens, jy moet die lewe geniet terwyl jy nog 'n kind is, dit moet vir jou lekker wees om jonk te wees. Jy moet doen wat jy graag wil doen, maar jy moet onthou dat God jou sal oordeel oor alles wat jy doen.
PREDIKER 11:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERBLY jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.
PREDIKER 11:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.