PREDIKER 11

11
Vrygewigheid en fluksheid
1Gooi jou brood op die water,
want na ’n lang tyd
kry jy dit terug.
2Sit jou besittings
op sewe of agt plekke.
Jy weet immers nie
watter rampe
die land kan tref nie.
3As wolke vol water is,
val daar reën op die aarde.
Of ’n boom nou suid val
of noord,
dit bly lê waar dit geval het.
4As jy heeldag na die wind kyk,
sal jy nooit saai nie.
En as jy na die wolke kyk,
sal jy nooit oes nie.
5Net so min as wat jy
die pad van die wind ken,
of weet hoe die liggaam lyk
in die skoot
van ’n swanger vrou,
net so min verstaan jy
die werk van God
wat vir alles verantwoordelik is.
6Saai jou saad vroegoggend,
maar moenie ophou
as dit aand word nie.
Jy weet nie watter een
suksesvol sal wees,
en of al twee saam
’n goeie oes sal lewer nie.
Raad vir oud en jonk
7Lig is soet,
en dis goed vir die oë
om die son te sien.
8Ongeag hoe lank jy lewe,
geniet elke oomblik daarvan.
Maar onthou die donker dae,
want hulle sal baie wees.
Tog is alles wat kom, sinloos.
9Jong man, geniet jou lewe
terwyl jy jonk is,
vind vreugde in jou jeug
en wat jy ook al sien.
Doen wat jy graag wil doen,
maar onthou net:
God sal van jou
rekenskap eis.
10Vermy bekommernis,
dit sal jou liggaam gesond hou.
Ook die jeug en jonkheid
is sinloos.

Tans Gekies:

PREDIKER 11: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid