PREDIKER 11:5
PREDIKER 11:5 Bybel vir almal (ABA)
Jy weet nie hoe die wind sal waai nie en jy weet nie hoe die bene van 'n baba in die liggaam van 'n swanger vrou kom nie. Dit is dieselfde: Jy weet nie wat God sal doen nie, God wat alles maak.
PREDIKER 11:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.
PREDIKER 11:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.
PREDIKER 11:5 Die Boodskap (DB)
Soos jy nie weet hoe lewe in ’n vrou wat verwag se buik ontstaan nie, net so min verstaan ’n mens die werk van God.