DANIËL 3:25
DANIËL 3:25 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê die koning: “Ek sien nou vier manne. Hulle is nie vasgebind nie. Hulle loop in die vuur rond en hulle makeer niks. Ek sien die vierde man lyk soos 'n engel.”
DANIËL 3:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar 'n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van 'n godeseun.
DANIËL 3:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sê toe: “Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos 'n hemelwese!”
DANIËL 3:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
waarop hy toe antwoord en sê: “Kyk! Ek sien vier manne los rondstap binne-in die vuuroond, en daar is geen letsel aan hulle nie; en die vierde se voorkoms is soos dié van 'n godeseun.”
DANIËL 3:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los wat in die middel van die vuur loop, en hulle het geen seer nie; en die vorm van die vierde is soos die Seun van God.