KOLOSSENSE 3:3-4
KOLOSSENSE 3:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle sondige lewe is verby, dit is dood. Julle het nou 'n nuwe lewe, maar die ander mense weet dit nie, want julle lewe saam met Christus wat by God is. Dit is Christus wat die nuwe lewe vir julle gee. Hy sal weer kom, en dan sal almal weet dat julle aan Hom, die Koning, behoort.
KOLOSSENSE 3:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
KOLOSSENSE 3:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.
KOLOSSENSE 3:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle het immers gesterf, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus verskyn, Hy wat julle lewe is, sal julle ook saam met Hom in heerlikheid verskyn.
KOLOSSENSE 3:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want julle is dood, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, verskyn, dan sal julle ook saam met Hom verskyn in heerlikheid.
KOLOSSENSE 3:3-4 Die Boodskap (DB)
Onthou, julle waardes het verander toe julle Christene geword het. Julle ou belangstellings en lewenstyl is dood en begrawe. Julle het ’n nuwe lewe gekry. Dit waarborg God vir julle. Christus gee julle daardie nuwe lewe. Wanneer Christus eendag weer kom, sal julle almal by Hom kan gaan staan as mense wat Hy lewend gemaak het. Almal sal julle saam met Hom sien. Dan sal hulle ook sien hoe belangrik julle regtig vir God is.