KOLOSSENSE 2:2
KOLOSSENSE 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil vir almal sê hulle moet aanhou om lief te wees vir mekaar en om baie seker te wees dat hulle alles weet van God se boodskap oor Christus. God wil hê julle moet vir Christus ken. God se boodskap oor Christus is 'n boodskap wat niemand voorheen geken het nie.
KOLOSSENSE 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus
KOLOSSENSE 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus