KOLOSSENSE 1:12-14
KOLOSSENSE 1:12-14 Bybel vir almal (ABA)
en vir God die Vader dankie sê, want Hy het julle verander. Hy het vir almal wat aan Hom behoort, belowe dat hulle in die hemel by Hom sal wees. Julle sal ook in die hemel by Hom wees. God die Vader het ons gered van die duiwel en nou weet ons dat sy Seun ons Koning is, sy Seun vir wie Hy baie lief is. Ja, God het sy Seun gestuur en die Seun het ons vrygemaak. So het God ons sondes vergewe.
KOLOSSENSE 1:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig — Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
KOLOSSENSE 1:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
KOLOSSENSE 1:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
moet julle die Vader dank, omdat Hy julle geskik gemaak het om deel te hê aan die heiliges se erfdeel in die lig. God het ons uit die mag van die duisternis gered, en verplaas na die •koninkryk van sy geliefde Seun – deur wie ons bevryding, die vergifnis van sondes ontvang het.
KOLOSSENSE 1:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dank die Vader wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig. Wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en ons oorgebring het in die koninkryk van sy dierbare Seun. In wie ons die verlossing het deur sy bloed, ja, die vergewing van sondes
KOLOSSENSE 1:12-14 Die Boodskap (DB)
Ek bid ook dat julle met ’n blye glimlag aan die Vader alle eer sal gee en Hom sal grootmaak. Sê vir Hom dankie. Hy het alles gedoen wat nodig is sodat julle die reg het om vir altyd te wees waar Hy, die groot Koning, heers. Hy sal julle beskerm. Daar waar God se wonderlike lig sonder ophou skyn, sal julle saam met al sy ander kinders bly. Julle vra hoe dit moontlik is. Wel, ons was eers in die donker mag van God se vyande vasgevang. God het ons egter uit hulle mag geruk. Nou staan ons onder die mag van sy Seun. Dit is die Seun wat Hy liefhet. Hierdie Seun raak ook namens ons ontslae van die skuld wat ons deur ons sondes op ons gelaai het. Deur sy toedoen word ons sondes vergewe.
KOLOSSENSE 1:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe. Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun. Deur die Seun het ons verlossing verkry, naamlik die vergewing van sonde.