HANDELINGE 18:7
HANDELINGE 18:7 Bybel vir almal (ABA)
Toe het Paulus uit die sinagoge gegaan en hy het gekom in die huis van iemand wat vir God gerespekteer het. Sy naam was Titius Justus en sy huis was langs die sinagoge.
HANDELINGE 18:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus, wat 'n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.
HANDELINGE 18:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het hy die sinagoge verlaat en na die huis toe gegaan van 'n godvresende man met die naam Titius Justus. Sy huis was net langs die sinagoge.
HANDELINGE 18:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy is toe daarvandaan weg, en het na die huis gegaan van 'n man met die naam Titius Justus, wat God vereer het; sy huis was langs die sinagoge.
HANDELINGE 18:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis van 'n sekere man ingegaan, met die naam van Justus, een wat God aanbid het, wie se huis hard aangesluit het by die sinagoge.