HANDELINGE 15:1
HANDELINGE 15:1 Bybel vir almal (ABA)
Daar het party mense van die land Judea gekom na die stad Antiogië in die provinsie Sirië. Hulle het vir die gelowiges geleer en gesê: “As iemand julle nie besny soos die Wette van Moses sê nie, dan kan God julle nie red nie.”
HANDELINGE 15:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.
HANDELINGE 15:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges wysgemaak: “As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besny nie, kan julle nie gered word nie.”
HANDELINGE 15:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar het sekere mense van Judea af gekom wat die broers aanhou leer het: “As julle nie besny word ooreenkomstig die gebruik van Moses nie, kan julle nie verlos word nie.”
HANDELINGE 15:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sekere manne wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer en gesê: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.