2 KORINTIËRS 5:12
2 KORINTIËRS 5:12 Bybel vir almal (ABA)
Ons probeer om nie weer te sê wie ons is en hoekom julle ons kan glo nie. Nee, ons wil hê dat julle trots moet wees op ons. Dan het julle iets om vir die mense te sê, die mense wat dink dat dit belangrik is hoe 'n mens van buite lyk, die mense wat dink dat dit nie belangrik is hoe 'n mens in sy hart is nie.
2 KORINTIËRS 5:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie.
2 KORINTIËRS 5:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons prys onsself nie opnuut by julle aan nie. Ons gee julle juis eerder aanleiding om trots te wees op ons, sodat julle 'n antwoord kan hê vir dié wat trots is op die uiterlike en nie op die innerlike nie.
2 KORINTIËRS 5:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons is nie weer besig om onsself by julle aan te beveel nie, maar ons gee julle aanleiding tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teen dié wat hulle op die uiterlike voorkoms beroem, en nie op wat in die hart is nie.
2 KORINTIËRS 5:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons beveel onsself nie weer by julle aan nie, maar gee julle aanleiding om namens ons te roem, sodat julle iets kan hê om die wat roem in aansien en nie in hart nie, te antwoord.
2 KORINTIËRS 5:12 Die Boodskap (DB)
Terloops, ek sê dit nie om julle te probeer beïndruk nie. Nee, ek sê dit vir julle sodat julle op die regte manier op my trots kan wees. Dan het julle ten minste ’n antwoord vir daardie mense wat so maklik spog oor al die “groot dinge” wat hulle vir die Here doen. Vir hulle gaan dit net oor uiterlike suksesse, nie oor ’n mens se innerlike lewe nie.