2 KORINTIËRS 12:9
2 KORINTIËRS 12:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
2 KORINTIËRS 12:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
2 KORINTIËRS 12:9 Bybel vir almal (ABA)
Maar Hy het vir my gesê: “Ek is genadig vir jou, en dit is genoeg, want wanneer iemand weet dat hy swak is, dan word my krag in sy lewe meer.” Daarom sal ek graag spog dat ek swak is, want dan is die krag van Christus in my.
2 KORINTIËRS 12:9 Die Boodskap (DB)
Toe sê die Here uiteindelik vir my: “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.”