1 SAMUEL 1:1
1 SAMUEL 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n man van die stad Ramatajim in die Efraim-berge. Hy was van die nageslag van Suf, en sy naam was Elkana. Elkana was die seun van Jerogam, Jerogam was die seun van Elihu, Elihu was die seun van Togu, en Togu was die seun van Suf, van die land Efrat.
1 SAMUEL 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAAR was 'n sekere man uit Ramatáim, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Elíhu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.
1 SAMUEL 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n man uit Ramatajim, 'n Suffiet uit die Efraimsberge. Hy was Elkana seun van Jerogam, seun van Elihu, seun van Togu, seun van Suf uit Efrata.
1 SAMUEL 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n sekere man uit Ramatajim Sofim, in die heuwelland van Efraim. Sy naam was Elkana, seun van Jerogam, seun van Elihu, seun van Togu, seun van Suf, uit Efraim.
1 SAMUEL 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar was 'n sekere man van Ramataimsofim, van die gebergte van Efraim, en sy naam was Elkana, die seun van Jeróham, die seun van Elihu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.