SAGARIA 6:1-8

SAGARIA 6:1-8 AFR83

Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was vier strydwaens wat tussen twee berge uitgekom het, berge van koper. Voor die eerste strydwa was bruin perde en voor die tweede swartes. Voor die derde was wit perde en voor die vierde skimmels. Ek het vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit, Meneer?” Hy het vir my gesê: “Die strydwaens het gestaan voor Hom aan wie die hele aarde behoort. Nou gaan hulle in die vier windrigtings. Die strydwa met die swart perde gaan noord, dié met die wittes gaan agterna, en dié met die skimmels gaan suid.” Toe die skimmel perde wegtrek, wou hulle die aarde deurkruis, maar eers toe die engel sê: “Spring weg, deurkruis die aarde!” het hulle dit gedoen. Die engel het vir my geskree: “Kyk, dié wat noord gaan, bring die Gees van die Here daarheen!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor SAGARIA 6:1-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid