PSALMS 88:1-7

PSALMS 88:1-7 AFR83

'n Lied. 'n Psalm van die Koragiete. Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Heman die Esragiet. Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U. Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep. Die swaarkry het vir my te veel geword: ek vat al aan die doderyk, ek staan al met die een voet in die graf, ek het geen krag meer nie. Dit is asof ek al tussen die dooies is, tussen dié wat gesneuwel het en in hulle grafte lê, dié aan wie U nie meer dink nie en van wie U u hand teruggetrek het. U het my onder in die put laat beland, in diepe duisternis.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 88:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid