PSALMS 61

61
U is vir my 'n toevlug
1Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.
2Hoor tog my hulpgeroep, o God,
slaan tog ag op my gebed.
3Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U.
Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.
4U is vir my 'n toevlug,
'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
5Laat my by U 'n blywende tuiste vind.
Laat my skuil onder u vleuels. Sela
6U, o God, hoor my geloftes,
U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.
7Laat die koning lank lewe,
laat sy lewensjare oor geslagte strek.
8Mag hy sy lewe lank regeer voor God,
mag u liefde en trou hom bewaar!
9Dan sal ek u Naam altyd besing
en dag na dag my geloftes betaal.

Tans Gekies:

PSALMS 61: AFR83

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid