PSALMS 5:1-12

PSALMS 5:1-12 AFR83

Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Psalm van Dawid. Luister tog na my woorde, Here, hoor hoe ek sug. Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek. U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag. U is nie 'n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie. Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen, U roei alle leuenaars uit. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs. Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaan en in u heilige tempel buig met die eerbied wat aan U verskuldig is. Omdat ek vyande het, Here, leer my tog wat reg is en help my om u wil te doen. Niks wat hulle sê, is waar nie; al waaraan hulle dink, is my ondergang; hulle vlei my, maar hulle wil my in die graf laat beland. Laat hulle daarvoor boet, o God, laat hulle deur hulle eie planne tot niet gaan. Dryf hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U. Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid