PSALMS 36:5-10

PSALMS 36:5-10 AFR83

Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit; hy bly op 'n pad wat nie reg is nie; wat sleg is, verwerp hy nie. Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid. U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 36:5-10

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid