PSALMS 118:1-7

PSALMS 118:1-7 AFR83

Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! Israel moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” Die huis van Aäron moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” Dié wat die Here dien, moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Die Here is by my, Hy help my: ek sal neerkyk op dié wat my haat.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 118:1-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid