SPREUKE 8:22-31

SPREUKE 8:22-31 AFR83

“Die Here het my geskep, Hy het met my begin; ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede. Ek is lankal daar, van die begin af, voor die aarde daar was. Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie, toe daar nog nie fonteine vol water was nie. Voor die berge hulle plek gekry het, voor die rante het ek al gekom, voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het, voor Hy selfs die eerste grond gemaak het. Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het, toe Hy die horison oor die see afgemerk het, toe Hy die wolke daarbo gesit het, die fonteine onder die diep water laat uitborrel het. Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, die waters aan sy wil onderwerp het, toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het. Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet. Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my 'n vreugde.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 8:22-31

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid