MATTEUS 3:1-6

MATTEUS 3:1-6 AFR83

In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. In dié dae het Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing van die Jordaan na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop.

Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 3:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid