RIGTERS 5:1-5, 18-22, 31

RIGTERS 5:1-5 AFR83

Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam gesing: “Julle moet die Here prys, want leiers het opgetree in Israel, die volk het hulle aangemeld vir die oorlog. Luister, konings, gee aandag, regeerders! Ek sing tot eer van die Here, ek prys die Here die God van Israel met my lied: Toe U uit Seïr gekom het, Here, toe U uit die veld van Edom opgetrek het, het die aarde gebewe, het die hemel reën gegee: die wolke het strome water gegee. Die berge het weggesmelt voor die Here, voor Hom uit Sinai, voor die Here die God van Israel.

RIGTERS 5:18-22 AFR83

Sebulon was nie bang vir die dood nie en Naftali het die dood getrotseer op die hoogland. “Konings het gekom, hulle het geveg, die konings van Kanaän het geveg by Taänak, by Megiddo se waters, maar hulle het nie silwer buitgemaak nie. Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sisera geveg. Die Kisonrivier het die vyand meegesleur, die Kisonrivier, die rivier uit die voortyd. “Hou moed! Wees sterk! “Die perde het met hulle hoewe gekap, die sterkes het in jaaggalop voortgestorm.

RIGTERS 5:31 AFR83

“Mag al u vyande so omkom, Here, maar mag dié wat vir U liefhet, wees soos die son wat in sy volle krag skyn.” Daarna was daar veertig jaar lank vrede in die land.

Gratis leesplanne en oordenkings oor RIGTERS 5:1-5, 18-22, 31

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid