JESAJA 52:13-15

JESAJA 52:13-15 AFR83

My dienaar sal voorspoedig wees. Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang. Baie mense was ontsteld oor hom, hy was so misvormd dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie. Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing. Konings sal sprakeloos wees oor hom, want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie, hulle sal iets te wete kom wat hulle nog nooit gehoor het nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 52:13-15

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid