GENESIS 42:5-13

GENESIS 42:5-13 AFR83

Die seuns van Israel het saam met ander mense gegaan wat ook koring in Egipte wou gaan koop omdat daar hongersnood was in die hele Kanaän. Josef was in beheer van Egipte en hy het self die graan aan die mense verkoop. Sy broers het dus na hom toe gegaan en diep voor hom gebuig. Toe hy sy broers sien, het hy hulle herken. Maar hy het hulle nie laat agterkom wie hy is nie. Hy het hulle bars aangespreek en gevra: “Waarvandaan is julle?” Hulle het hom geantwoord: “Ons is van Kanaän. Ons kom koop graan.” Josef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie. Hy het aan sy drome van vroeër gedink en vir hulle gesê: “Julle is spioene. Julle het net kom kyk waar die land maklik ingeval kan word.” Maar hulle het vir hom gesê: “Nee, Meneer, ons is u onderdane. Ons het net kom graan koop. Ons almal het dieselfde pa. Ons is eerlike mense. Ons is nie spioene nie.” Josef sê toe vir hulle: “Dit is nie. Julle het net kom kyk waar die land maklik ingeval kan word.” Hulle het geantwoord: “Ons was twaalf broers. Ons het dieselfde pa, 'n man in Kanaän. Die jongste is nou nog by hom, en die een leef nie meer nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 42:5-13

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid