GENESIS 4:25-26

GENESIS 4:25-26 AFR83

Adam het weer met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het 'n seun in die wêreld gebring en hom Set genoem, “want,” het sy gesê, “God het vir my 'n ander kind gegee in die plek van Abel omdat Kain hom vermoor het.” Ook vir Set is daar 'n seun gebore, en Set het hom Enos genoem. In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid