GENESIS 13:1-4

GENESIS 13:1-4 AFR83

Abram het uit Egipte na die Suidland toe getrek, hy en sy vrou met al sy besittings, en Lot saam met hom. Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud. Hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek na Bet-El toe, na die plek waar sy tente aan die begin gestaan het, tussen Bet-El en Ai, die plek waar hy vroeër 'n altaar gebou het. Daar het Abram die Naam van die Here aangeroep.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid