GENESIS 11:10-32

GENESIS 11:10-32 AFR83

Hier volg die familieregister van Sem. Toe Sem 100 was, het hy die vader geword van Arpaksad, twee jaar na die oorstroming. Sem het na die geboorte van Arpaksad nog 500 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Arpaksad 35 was, het hy die vader geword van Selag. Arpaksad het na die geboorte van Selag nog 403 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Selag 30 was, het hy die vader geword van Heber. Selag het na die geboorte van Heber nog 403 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Heber 34 was, het hy die vader geword van Peleg. Heber het na die geboorte van Peleg nog 430 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Peleg 30 was, het hy die vader geword van Reü. Peleg het na die geboorte van Reü nog 209 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Reü 32 was, het hy die vader geword van Serug. Reü het na die geboorte van Serug nog 207 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Serug 30 was, het hy die vader geword van Nahor. Serug het na die geboorte van Nahor nog 200 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Nahor 29 was, het hy die vader geword van Tera. Nahor het na die geboorte van Tera nog 119 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Toe Tera 70 was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran. Hier volg die familiegeskiedenis van Tera. Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran het die vader geword van Lot. Haran het in Ur van die Galdeërs, sy geboorteland, gesterf toe sy vader Tera nog geleef het. Abram het getrou en Nahor ook: Abram se vrou se naam was Sarai en dié van Nahor se vrou was Milka, 'n dogter van Haran wat nie net die vader van Milka was nie, maar ook van Jiska. Sarai was onvrugbaar; sy het nie kinders gehad nie. Tera het sy seun Abram geneem en ook sy kleinseun Lot seun van Haran, en sy skoondogter Sarai die vrou van sy seun Abram, en saam met hulle uit Ur van die Galdeërs weggetrek om na Kanaän toe te gaan. Maar hulle het net tot by Haran getrek en in dié stad gaan woon. Tera was twee honderd en vyf jaar oud toe hy in Haran gesterf het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid