PREDIKER 6

6
1Ek het in hierdie wêreld ellende gesien wat swaar druk op 'n mens: 2God gee aan iemand rykdom, besittings en eer, en so iemand kom niks kort van wat hy begeer nie, maar God laat hom nie daarvan geniet nie, en iemand anders gebruik dit.
Ook hier kom dit tot niks.
Dit is bitter swaar. 3'n Man kan honderd kinders hê en baie lank lewe, maar hoe oud hy ook al word, as hy nie die goeie dinge kan geniet nie en nie eens in 'n graf begrawe word nie, is 'n doodgebore baba beter daaraan toe as hy. 4'n Doodgebore baba kom tot niks, dit sien nooit die lig nie en kry nie eens 'n naam nie. 5Dit sien nie die son nie en weet niks nie. Tog is dit beter daaraan toe as iemand 6wat nie die goeie van die lewe kan geniet nie, al leef hy twee maal duisend jaar. Altwee gaan na dieselfde plek toe.
7Die mens sloof hom af vir kos,
maar sy honger word nooit gestil nie.
8Watter voordeel het die man met wysheid bo die dwaas? Wat help dit die arme om te weet hoe hy hom moet gedra? 9Wat die mens het, is beter as wat hy begeer.
Ook hier kom dit tot niks.
Dit is 'n gejaag na wind. 10Wat 'n mens is, word reeds met die naam mens gesê, dit is bekend wat hy is: hy is mens. Hy kan nie 'n regstryd voer met die Een wat sterker as hy is nie. 11Hoe meer woorde, hoe meer kom dit tot niks. Wat baat dit die mens? 12Wie weet wat vir die mens goed is in die lewe, in die dae wat tot niks lei nie, wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Wie kan vir 'n mens sê wat ná hom in hierdie wêreld sal gebeur?

Tans Gekies:

PREDIKER 6: AFR83

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid